Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Rem-uitblinkers by atletiekbyeenkoms

Hierdie keer het Ram nie groente en speelgoed gebruik vir hul atletiekitems nie.

Laerskool Randfontein (Ram) het hulle Sirkel A Atletiekbyeenkoms gehou en die ander gewys hoe hulle atletiek by Ram benader.

Al die leerlinge wat tydens die huissport goed gevaar het, het aan dié byeenkoms deelgeneem.

Hierdie keer het Ram nie groente en speelgoed gebruik vir hul atletiekitems nie want speeltyd was verby. Die atlete van ses plaaslike skole, wat Randfontein Primary (Rem) ingesluit het, het aan die byeenkoms deelgeneem .

Volgens Annie Nolan, Ram-woordvoerder het hul atlete baie rekords verbeter.

Randfontein Primary se hoof, Greg Boatard het die Herald vertel dat hulle skool dié dag die beste gevaar het. “Welgedaan aan al ons atlete wat die skool by die Sirkel A atletiekbyeenkoms verteenwoordig het,” het Greg gesê.

Hy het vertel hoe al hul atlete hulle puik van hul taak gekwyt het en dat die skool baie trots is op hulle. Hulle is deur na die Randfontein subdistrik-kampioenskappe waar 57 atlete die skool verteenwoordig het.

Dankie aan al die Rem-personeel vir hul volgehoue harde werk en toewyding,” het Greg gesê.

As Ram en Rem se atlete goed vaar by die subdistrik-kampioenskappe sal hulle deurgaan na die Gauteng-Wes kampioenskappe op 16 Februarie.

Die volgende rondte sal die Gauteng-atletiekkampioenskappe op 26 en 27 Februarie wees en die heel laaste byeenkoms is die nasionale atletiekkampioenskappe wat van 10 tot 12 Maart gehou word.

Rem-atletiekprestasies:

• 30 gouemedaljes

• 33 silwermedaljes

• 25 bronsmedaljes

Anré Naude was eerste in die uitdunne van die 400 meter-naelloop vir dogters o.12.
Anré Naude was eerste in die uitdunne van die 400 meter-naelloop vir dogters o.12. Foto: Alanicka Lotriet

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button