Opinion

‘Tatoeëermerke is ‘n plaag’

God se woorde sê duidelik in Levitikus 19:28 ...

Ek skryf hierdie brief om my skok uit te spreek.

Dis vir my, en ek glo vir baie ander mense ook, ‘n dom ding dat mense hulle liggame so onteer deur tatoeëermerke op hulle liggame aan te bring.

Party oordoen dit dan ook geheel en al. Dan sê party vroue nog dat hulle trots daarop is.

Verbeel jou ‘n ding wat jou ‘kommin’ of goedkoop laat lyk, laat jou trots voel. Dis soos ‘n plaag oor die mense.

Dis uit die bose. God se woorde sê duidelik in Levitikus 19:28, “Julle mag … geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie” – so dan is dit nie net ‘kommin’ alleen nie, dis ook nog sonde om dit te doen volgens God se Woord.

Met ander woorde, jy gee ook nog vir die duiwel plek in jou lewe.

Related Articles

Back to top button