Local newsNewsUpdate

Baba Alexzander genees

Alexzander was vir ses dae in die Inkosi Albert Luthuli hospitaal.

Die operasie wat Alexzander Coetzee, die nege maande oue babatjie in Durban moes ondergaan om sy gesplete lippie te herstel, was ‘n reuse sukses.

Alhoewel die operasie slegs 45 minute geduur het, moes Alexzander ses dae lank in die Inkosi Albert Luthuli Central Hospitaal bly. Die volle herstelperiode is ses weke maar die buisies in sy neus sal eers na ses maande verwyder kan word om seker te maak dat die been reguit groei.

Wanneer hy tussen 12 en 18 maande oud is, sal sy gesplete verhemelte herstel word.

Alexzander ouers, Ilza Lange en Renier Coetzee, albei 24, is baie tevrede met die uitslag van die operasie. Hulle het vertel klein Alexzander lag en glimlag steeds, min wetend dat die operasie sy lewe soveel gaan verbeter.

Dit is nou oupa se pragtige seuntjie,” het Alexzander se trotse oupa Neels Coetzee gesê.

Renier en Ilza – wat nie ‘n mediese fonds het nie – bedank graag Operation Smile wat die koste van die operasie, vervoer en verblyf gedek het asook albei hul ouers en familielede vir hul bystand.

Ilza het voor die operasie vertel dat toe Alexzander op 29 weke gebore is sy en Renier groot geskrik het toe daar ontdek is dat hy met ‘n gesplete lip en verhemelte gebore is.

Neels het toe navorsing gedoen en Operation Smile genader.

Nege maande oue Alexzander Coetzee nadat hy geopereer is.
Nege maande oue Alexzander Coetzee nadat hy geopereer is.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Also read:

Baba met gesplete lip en verhemelte kry hulp

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button