Daar word altyd gespring voor ‘n verkiesing

Die hele doel is dat wie ookal in beheer is aandag wil trek en bewys dat hulle die regte party is om voor te stem.

Daar kan oor die volgende klompie maande baie skoon- en reggemaak word net waar jy kyk.

Dis mos altyd so voor ‘n verkiesing.

Ja, dit is maar so. Die hele doel is dat wie ookal in beheer is aandag wil trek en bewys dat hulle die regte party is om voor te stem.

Ongelukkig gaan ek nie daarvoor val nie. Jy kan maar mooi gaan kyk. Wanneer dit nie verkiesing is nie dan word daar hier en daar ‘n probleem opgelos maar kom ‘n verkiesing word daar gespring.

In 2016 is dit die munisipale verkiesing en dan gaan jy sien hoe word elke straat skoon gevee, elke slaggat reggemaak en hoe vullis by die bakkies weggery word.

Die vraag is: Watse party is die een wat regtig omgee vir mense in Suid-Afrika. Wat dink jy? Is daar ooit een? E-pos ons na randfonteinherald@caxton.co.za

Related Articles

Back to top button