Local newsNewsSchools

Groentjies nou ‘n volwaardige Jannas-leerling

VLR-president: Neem deel, wees deel en leef jou talente uit.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se Graad 8-leerlinge is sedert Maandag, 8 Februarie 2016 nou amptelik deel van die Jannas-familie.

Ja die graad 8s se groentjienaam, Oli-krokenoster-struisefante is nou iets van die verlede nadat die groep hul inburgeringsprogram, groentjiekonsert en broseksamen voltooi het.

Op die dag kon hulle vir die eerste keer die skoollied uit volle bors sing en hul volledige skooldrag dra. Die Graad 8-ouers was ook vanaf 7vm deur hul kinders se afsonderlike klasvoogde welkom geheet. Hierna het elke Graad 8-leerling deur die erewag in die saal geloop op die Jannas se tradisionele mars-musiek.

Die saal was stampvol gepak en sommige leerlinge moes buite die deure hulle plekke ingeneem het. Ds. Johan van Staden het ‘n besonderse boodskap aan Jannas-leerlinge en ouers gebring.

Foto’s van die nuwe Graad 8-leerlinge se tydjie saam met die VLR en hul eerste drie weke by Jannas was toe vertoon wat beslis die saal laat skaterlag het.

“Neem deel, wees deel en leef jou talente uit,” het VLR-president, Anja Esterhuizen vir die Graad 8s gesê. Sy het hul ook bedank vir hul samewerking en goeie gedrag.

Eugene Willemse is nou 'n trotse Janna.
Eugene Willemse is nou ‘n trotse Janna.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button