Local newsNewsSchools

Dierplesier deur Jannas-groentjies

Volgens die skool was Graad 8-leerlinge in groepe as 'n tipe dier ingedeel

Mens sal dink die eerste aand van ‘n groentjiekonsert is altyd ongeorganiseerd maar dit was nie die geval by Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) nie.

Vanjaar se groep Graad 8’s se groentjiekonsert is op Woensdag 3 en Donderdag 4 Februarie in a stampvol skoolsaal aangebied.

Volgens die skool is Graad 8-leerlinge in groepe volgens ‘n tipe dier ingedeel. Daar was ‘n olifant, renoster, volstruis, luiperd en krokodil. Al die diere is gekies volgens die Graad 8-leerlinge se groentjienaam, Oli-krokenoster-struisefant.

Eerste op die verhoog was die olifantgroep. Hulle het liefdesliedjies gedoen. Hul eerste liedjie was Summer Loving uit Grease en hulle het beslis al die passies uitgevoer.

Tweede was die renostergroep. Hul eerste liedjie was die bekende Elvis Presley se Hound dog. Die musiek het skielik verander en die renostergroep het geskud en gespring op maat van hip-hopmusiek.

Die volstruisgroep het begin met die cancan en nes die renostergroep oorgeslaan na hip-hop. Hul toertjies het die gehoor laat skreeu en fluit.

Net toe die Herald dink die konsert kan nie beter nie het die luiperdgroep allerhande toertjies gedoen. Mens het toe gewonder of die groep nie eintlik hul Jannas pom-pom-span gebruik het nie – so goed is dit gedoen.

Die krokodilgroep was laaste en verreweg die snaaksste. Hulle het ‘n Graad 8-seun as ‘n dogter aangetrek wat toe Summer Nights as ‘n duet saam met ‘n ander seun gesing het.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button