Opinion

Toekies ‘n speelplek vir die duiwel

Dit is waar wat die muur by die stadion uitbasuin: "Die grafte wag op ons."

Toekomsrus het oornag in ‘n speelplek van die duiwel ontaard.

Gaan lees maar gerus self die profetiese tog pynlike “skrif teen die muur” by die plaaslike sportstadion; ‘n gedig deur ‘n ontstemde jeugdige.

‘n Eens vreedsame gemeenskap se strate is nou omskep in sokkervelde, waar rustelose jongelinge vreesaanjaend met vegtershonde ronddwaal, tieners openlik waterpype rook, op randstene dobbel en vulgêre graffiti op verfraaide mure verf. Selfs die plaaslike begraafplaas word nie deur sinnelose vandale oorgesien nie.

Almal leef agter slot en grendel terwyl die Woord nou binnensmuur verkondig word. Opelugdienste is taboe asof die stem van die sedebewakers ook gedemp is. Hoe kan dit tog?

‘n Vredeliewende mens soos oom John Gobi in Sonneblomstraat is onlangs helder oordag deur ‘n behulpsame verkoopsman van sy pensioengeld beroof. Sowaar! Dit is waar wat die muur by die stadion uitbasuin: “Die grafte wag op ons.” God help ons.

Related Articles

Back to top button