Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Rappies se top atlete tydens interhuis aangekondig

'Daar was baie verrassings in die uitslae met nuwe wenners wat na die voorgrond getree het.'

Laerskool Rapportryer het onlangs soos elke ander jaar weer met hul huissportbyeenkoms afgeskop.

Volgens Rolleen Olivier, Rappies se skakelbeampte is dit een van Rappies se sportgebeure waarna die leerlinge die meeste uitsien.

Op die dag het hulle met velditems begin. Die hoogspring by die o.10-atlete het gesorg vir groot skaterlag aangesien hierdie ouderdom vir die eerste keer probeer het om die lat baas te raak. Hulle het wel nie teruggestaan nie en die uitslae in al die o.10 items was baie goed.

“Die middagsessie het met donker wolke aangebreek maar soos dit altyd gebeur was die Here ons goedgesind en net ’n ligte reëntjie het gehelp om die veld af te koel vir die nalope. Dit was wonderlik om te sien hoe verskeie atlete ontwikkel het gedurende die vakansie. Daar was baie verassings in die uitslae met nuwe wenners wat na die voorgrond getree het,” sê Rolleen.

Rappies sê baie geluk aan:

• Christo Collins – Junior Victor Ludorum

• Chenique Bouwer – Junior Victrix Ludorum

• Qail Adam en Hannes Strooh wat die Senior Victor Ludorum deel

• Liesl Pio – Senior Victrix Ludorum

Rappies bestuur sê ook, “Dankie aan al die ouers en onderwysers wat so ‘n suksesvolle dag ondersteun het en vir ons moontlik gemaak het.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button