Dis klippe kou al die pad

Om iets vir 'n appel en 'n ei te kan koop bestaan nie meer nie.

Almal betaal nou deur hul nekke – net vir basiese noodsaaklikhede. Ja, ek praat van die pryse van vars produkte.

Groente- en vrugtepryse het die hoogte ingeskiet. Weens die landswye droogte en waterkrisis het boere vanjaar minder voedselgewasse aangeplant.

So vergelyk pryse wat ons verlede jaar in Januarie vir spesifieke vars produkte betaal het met dié in Januarie vanjaar:

• Piesangs (18kg): R80, nou tussen R130 en R150
• Tamaties (7kg): R15, nou tussen R35 en R40
• Wortels (10kg): R7, nou R15
• Aartappels (10kg): Tussen R35 en R40, nou tussen R80 en R90
• Druiwe (9kg): Tussen R40 en R50, nou tussen R80 en R90
• Blaarslaai (4kg) R30, nou R120

Hoe voel jy daaroor?

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button