Local newsNews

Baba met gesplete lip en verhemelte kry hulp

Coetzee is deur Operation Smile gekies waar hy einde Januarie in Durban 'n operasie sal ondergaan om sy gesplete lip en verhemelte te herstel.

Die nege maande oue Alexzander Coetzee sal binnekort die operasie van ‘n leeftyd ondergaan.

Coetzee is deur Operation Smile gekies waar hy einde Januarie in Durban ‘n operasie sal ondergaan om sy gesplete lip te herstel en op ‘n later stadium sy gesplete verhemelte.

Sy ma, Ilza Lange, 24, vertel toe Coetzee op 29 weke gebore is het hulle groot geskrik toe daar ontdek is dat hy met ‘n gesplete lip en verhemelte gebore is.

Sy het nie op daardie stadium besef dat daar hulp is vir gevalle van die soort nie. Lange het ook baie gesukkel met sy voeding, aangesien alle voedsel vir hom verfyn moet word. Mense het aan Ilza vertel dat sy hom op drie maande Baragwanath hospitaal toe moet neem, maar haar aanstaande skoonpa het navorsing gedoen en Operation Smile genader.

Aangesien die gesin nie ‘n mediese fonds het nie, het Operation Smile hulle in kennis gestel dat die operasie, hulle vervoer en verblyf alles deur hulle gedek sal word. Die operasie sal gedoen word in die Albert Luthuli hospitaal in Durban.

“Hierdie operasie gaan die wêreld vir Alexzander beteken. Mense spot hom al klaar en vra onnodige vrae,” sê Lange.

Lange het bygevoeg dat ‘n gesplete lip en verhemelte veroorsaak kan word deur verskeie faktore en dat dit oorerflik kan wees.

Klein Coetzee is ‘n vrolike, gelukkige baba en het ‘n sprankelende persoonlikheid met die mooiste blou oë. Hy is salig onbewus van die groot operasie wat voorlê. Lange en haar verloofde, Renier Coetzee is baie opgewonde oor die uitkoms van die operasie en wil graag Operation Smile en hulle aanstaaande skoonouers bedank. Lange wil ook haar ouers Elize en Frikkie Lange bedank dat hulle die Herald gekontak het.

Lange is ook baie dankbaar vir Renier, wat vir haar en Coetzee elke dag bystaan.

Alexzander Coetzee, onbewus van sy opkomende operasie wat sy lewe vir altyd sal verander.
Alexzander Coetzee, onbewus van sy opkomende
operasie wat sy lewe vir altyd sal verander.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button