Local newsNewsUpdate

Onthou die verlede, maar bou aan die toekoms

Oud-weermaglede bring hulde aan gesneuwelde makkers.

Lede van die Regiment President Kruger Assosiasie het teen die einde van verlede maand die grafte van helde – wat tydens die grensoorlog in Suid-Wes Afrika gesneuwel het – in Westonaria, Randfontein, Krugersdorp en Carletonville gaan besoek.

Afgetrede luitenant-kolonel Ryno van Rensburg verduidelik, “Ons doel is om hulde te bring aan ons makkers wat die hoogste prys in Suid-Wes Afrika (Namibië) se grensoorlog betaal het. Ons wil die persone nooit vergeet nie.

“Dit is ongelukkig duidelik dat die helde se familie en vriende, nie meer hul grafte besoek nie en daarom was dit moeilik vir ons om hulle by die parade te betrek. Dus is dit net die Assosiasie wat die helde jaarliks herdenk en onthou.”

Daar bestaan gedenknaalde vir die helde in die volgende begrafplase:

• Krugersdorp

• Westonaria

• Randfontein.

Die aantal grafte in elk van die begrafplase is soos volg:

• Krugersdorp – twee lede en ‘n gedenknaald

• Carletonville – sewe lede

• Westonaria – vier lede en ‘n gedenknaald

• Randfontein – drie lede en ‘n gedenknaald

Die parade was geopen in die Krugersdorp-begrafplaas met ‘n skriflesing en gebed wat gelei was deur Ds Dirk van Rooyen. Daarna was daar twee minute se stilte waarna die lede op aandag gestaan het. Die Assosiasie se leuse, naamlik: Onthou die verlede maar bou die toekoms, was daarna opgesê en kranse was vir die gesneuwelde helde neergelê.

Oor die destydse oorlog, sê van Rensburg, “In die SWA-oorlog moes jy jou volle opleiding gebruik het om te kon oorleef en operasies suksesvol uit te voer. Dit was ‘n oorlogsone. Destyds in die oorlog was daar drie opersionele gebiede waar daar teen die South West Africa’s People’s Organization (SWAPO) geveg was. Die totale mag getalle was nooit bekend gemaak nie.”

Die parade was daarna met ‘n gesellige funksie afgesluit en die Assosiasie wil graag die borg van die blomme, Raymond Diedericks en die bloemiste hartlik bedank.

Die visie van die Assosiasie is duidelik: Die ondersteuning van oud lede en naasbestaandes van Regiment President Kruger / die Suid Afrikaanse Weermag en die handhawing van tradisies. Terwyl hulle hul missie, “Onthou die verlede, maar bou aan die toekoms” getrou jaarliks nakom.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Oud-weermaglede bring hulde aan gesneuwelde makkers

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button