Geniet die Feestyd

Vir dié wat weggaan en dié wat tuis bly, wees veilig en geniet die tyd saam met familie.

Die vakansie het aangebreek.

Dit is oral om jou … Jy hoor daarvan om elke hoek en draai en jou geliefde bly jou vra ‘Wat kry ek vir Kersfees?’

As u soortgelyke ervarings het, dan is dit amptelik Feesseisoen.

Ja, dit is alweer sulke tyd wanneer families om die tafel sit, lekker eet en geskenke oopmaak. Moet ook nie vergeet dat dit ‘n tyd is om ‘n bietjie weg te breek en van werk te vergeet nie.

Vir dié wat weggaan en dié wat tuis bly, wees veilig en geniet die tyd saam met familie.

Alhoewel die Herald se kantoor van 18 Desember tot 4 Januarie gesluit sal wees, sal ons webwerf daagliks leesstof vir u hê.

As redakteur sê ek dankie aan die hele Randfontein vir u ondersteuning gedurende die jaar, veral aan ons besighede. Kontak my gerus op my selfoon 076 344 1550 indien u enige nuus wil deel.

Lekker rus.

Related Articles

Back to top button