Opinion

Mooi loop R’fontein – kerklede

Daar is 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan ...

Daar is ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan, en so het die tyd aangebreek vir ons om Randfontein na bykans ‘n leeftyd te moet groet.

Die weegskaal het vir ons na albei kante woes geswaai. Daar was vele smarte en vele vreugdes. Die hartseer en swaar van die verlede laat ons nou waar dit hoort, in die verlede. Ons sien uit na ‘n opwindende nuwe begin elders.

Ons wil graag hiermee ‘n groot dankie sê aan familie, vriende, kennisse, kollegas, Helikonpark NG Gemeente en goeie bure vir jare se ondersteuning en liefde.

En laaste maar nie die minste aan die mense wat onder die radar vir ons gesorg het.

EPR ‘n hartlike dank aan julle vir jul puik diens. Ons waardeer dit.

En so sê ons dan … Mooi loop Randfontein

Related Articles

Back to top button