Local newsNews

Nuwe gehoortoetsapparaat ‘n sukses

Op die eerste dag het ongeveer 43 persone hul ore getoets.

Life Robinson Hospitaal se Gehoorsentrum het vanaf 12 tot 19 November die nuwe Kuduwave-gehoortoetsapparaat getoets en dit was ‘n sukses.

Enigiemand wat graag hom of haar se gehoor wou toets was welkom en daar was geen kostes daaraan verbonde nie.

Elrie van der Merwe, audioloog by die sentrum sê, “Die selftoets is ‘n maklike manier vir klein tot groot om vas te stel of daar enigsins ‘n gehoorverlies is.

Na ongeveer tien minute sal die Kuduwave dan ‘n sms na jou foon toe stuur met die boodskap dat jou gehoor honderd persent is of dat jy verdere toetse sal moet ondergaan.

“Dit is ‘n siftingsproses wat maklik bekombaar is by die hospitaal en gehoorsentrum en dan vinnige resultate gee. “

Op die eerste dag het ongeveer 43 mense hul ore getoets.

Van der Merwe sê ook dat dit mense bewus maak van gehoorverlies op enige ouderdom, omdat dit gewoonlik die laaste ding is wat mense hulle medies fondse voor gebruik. Mense kan dan ook sien hoe die tegnologie gevorder het, en hoeveel opsies daar is vir mense met ‘n gehoorverlies.

Van der Merwe sê ook, “Die apparaat kan orals in wagkamers, in enige plek gebruik word, waar dit maklik is vir mense om in plaas van tydskrifte te lees, eerder uit te vind of hulle gehoor nog in ‘n goeie toestand is.”

Die volgende is situasies om na uit te kyk en kan beteken dat jy dalk ‘n verlies van gehoor toon. Dit is beter om dadelik jou naaste audioloog te besoek:

• As jy sukkel om ‘n gesprek te volg

• Jy nie in ‘n groep mooi duidelik kan hoor wat gesê word nie

• Jy vir mense moet vra om hulself te herhaal

• Hard na die TV en radio luister

• As jy ‘n suising in jou ore hoor

• As jy sukkel om op die telefoon te hoor

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 413 8726.

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button