Opinion

W’aria-munisipaliteit nikswerd verby

Al wanneer die dorp skoongemaak word is wanneer iemand belangrik na ons dorp toe kom.

Ek is nou siek en sat vir die slegte diens wat ons van Westonaria Munisipaliteit kry.

Ons sit met ‘n burgemeester wat nie weet wat in haar dorp aangaan nie want sy bly nie hier nie.

Ek het ons krag op 19 Oktober betaal, waarvan ek bewyse het. So waar as vet, ons krag word op 28 Oktober afgesit. Bel jy dan die noodnommer dan sê die ou hy kan jou nie help nie… Nou hoekom is daar dan ‘n noodnommer om te skakel?

Die munisipaliteit-dames is ongeskik met jou omdat hulle iets teen jou velkleur het. Hulle doen nie hul werk nie want om twee uur lank lunch te vat is mos reg.

Ons moet afk$k en betaal maar kom dit by die dienste wat hulle verskaf is dit maar wag tot hulle rigting kry.

Al wanneer die dorp skoongemaak word is wanneer iemand belangrik na ons dorp toe kom. Die reuk wat in die lug hang pla die munisipaliteit ook nie.

Nee, dis lekkerder om te sit in ‘n pos waarvan jy niks weet nie. Hulle kan mos sien wanneer mens betaal het. Hoekom sit hulle dan jou krag af? Hoekom gee hulle ‘n noodnommer as hulle nie hul werk doen nie?

Hulle is juis in die penarie met al die geld wat hulle Eskom skuld omdat hulle nie hul werk verrig soos hulle moet nie.

En ek is nie die enigste inwoner wat probleme ondervind nie, ek’t al gehoor van twee besighede wat hul krag gaan betaal het en dan word hul krag afgesit.

Related Articles

Back to top button