Local newsLocal sportNewsSchool sportSport

Jannas-rugbyspeler speel 7s in Mauritius

'Ons is baie trots op die dinamiese rugbyspeler.'

‘n Leerling van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het tydens die afgelope skoolvakansie Mauritius besoek as lid van ‘n sewespan genoem die Rams.

Vincent de Bryn was raakgesien deur Charles van der Westhuizen die afrigter van die span tydens vanjaar se ligawedstryde in die Roodepoort Rugbyklub-reeks.

Die span bekend as die Rams, is een van die spanne wat Suid-Afrika verteenwoordig het by die AfriAsia Internasionale 7s Rugbytoernooi. Die Rams het teen spanne gespeel van SA, Reunion-eiland en Mauritius. Hulle het as wenners die toernooi voltooi.

Vincent het die toer ongelooflik baie geniet veral die dag wat hulle saam met drie van die Blitzbokke kon oefen.

“Ons is baie trots op die dinamiese rugbyspeler en kan nie wag om hom volgende jaar weer op die rugbyveld dop te hou nie,” het Tamaryn Smith, woordvoerder van die skool gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button