Local newsLocal sportNewsSport

Waterpan se eie Ernie Els

Vanjaar het hy rerig 'n indruk op die gholfbaan gemaak.

Ontmoet vir Johnny Rossouw, ‘n 61-jarige lid van die Waterpan Gholfklub se eie Ernie Els.

Johnny het onlangs die wenkbroue laat lig toe hy verskeie oorwinnings behaal het tydens vanjaar se Sanlam Kankeruitdaagreeks.

Johnny wat gebore is in Kocksoord het in 1980 by die Gholfklub in Westonaria aangesluit.

In 2010 het hy vier hartomleidings gehad wat hom toe laat besef het die lewe is kosbaar. In 2008 en 2009 het Johnny toe die klubkampioenskap in die B-afdeling gewen – ook talle Saterdae-toernooie.

Johnny sê dit was eers in 2010 na sy operasies dat sy gholf verbeter het en vanjaar het hy rerig ‘n indruk op die gholfbaan gemaak.

Tydens die klubkompetisie-gedeelte van die Sanlam Kankeruitdaagreeks in Julie het hy eerste gekom. Hierna het hy tot die streeksfinale in Augustus deurgedring en weer ‘n eerste plek losgeslaan. Tydens die finaal by Sun City op 19 en 20 Oktober het hy toe die B-afdeling vir mans gewen en die beste syfer in die A, B en C-afdelings aangeteken.

Johnny spog dus altesaam met drie trofee waarvan een ‘n wisseltrofee is. Hy het ook ‘n bottel wyn met Ernie Els se handtekening op gewen en ‘n Taylormade-drywer en gholfstok.

Dirk van der Westhuizen, bestuurder van die Waterpan Gholfklub saam met Johnny Rossouw.
Dirk van der Westhuizen, bestuurder van die Waterpan Gholfklub saam met Johnny Rossouw.

Johnny gaan op SuperSport verskyn en het ook ‘n vakansie in Oubaai gewen waar hy vir Ernie Els sal ontmoet.

Johnny sê hy het groot bewondering vir die werk wat die Kankervereniging doen – veral die navorsing wat hulle oor die dodelike siekte doen en ook hoe hulle die kankerpasiënte versorg. Johnny wil baie dankie sê vir al die klublede se ondersteuning, vriendskap en ook die lekker tye wat hulle al gehad het.

Daar is altyd ‘n wonderlike gees tussen die gholfspelers. Ek wil ook vir so lank moontlik gholf speel,” het Johnny gesê.

Johnny se moto in die lewe is om positief te bly en altyd dankbaar te wees vir sy gesin se gesondheid.

Enige iemand wat belangstel om ‘n lid van Waterpan Gholfklub te word kan gerus vir Dirk van der Westhuizen skakel op 072 698 9710.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button