Local newsNews

Chronies siek vrou sê dankie

Bettie Kukard: Robinson is dié hospitaal.

Bettie Kukard, ‘n chronies siek vrou wat in Kenmare woon het die Herald vertel hoe dankbaar sy is vir Life Robinson Hospitaal.

Bettie was in 2015 sewe keer by die Randfonteinse-hospitaal ingeboek vir ‘n bloeiende maagseer, long- asook hartprobleme.

“Dr. Alex Faber en Dr. Mathews Thomas is die sout van die hospitaal. Hulle vriendelikheid en belangstelling is sowaar opreg en hulle diens puik.”

Sy sê verder, “En as daar ‘n probleem is dan sorteer die senior-personeel dit uit.”

Daar word glo ook dadelik terug aan die pasiënt gerapporteer. Bettie sê Robinson is dié hospitaal en die personeel moet groot lof kry vir hul harde werk.

Vir haar is die gesing van personeel in die Oostelike-deel van die hospitaal iets om te beleef.

Elke dag kan ek nie wag om die personeel wat nagdiens doen te hoor sing nie. Ek kry hoendervleis. Dit is sowaar voedsel vir die siel.”

Sy sê dit maak nie saak hoe siek jy is nie, as jy na die gesing luister voel jy weer dadelik beter. Bettie sê ook die sang is reguit van bo af en dit gee haar krag.

Bettie het bygevoeg, “Robinson Hospitaal is die beste in die Weste.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button