Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Rappies se pom-poms vlieg hoog

'Die pom-poms word gereeld genooi om by hoërskole in die dorp op te tree.'

Die pom-poms van Laerskool Rapportryer se harde werk het vrugte afgewerp toe hulle vanjaar op verskeie gebiede presteer het.

Volgens die trotse afrigters, Chantelle de la Hunt van der Merwe en Chineque Bekker was die pom-poms sedert die begin van die jaar hard aan die werk met ‘n nuwe roetine.

Ons is beslis in ons skik met die span wat die roetine so vinnig onder die knie gekry het,” het Chantelle gesê.

Die groep het ook tydens vanjaar se Randfontein Skou opgetree.

“Hulle roetine is van die hoogste gehalte en die leerlinge het gewys wat in hulle steek met hul optredes. Hulle toegewydheid en entoesiasme maak al die opofferings die moeite werd. Hulle word deurentyd op al die verskillende gebiede met puik prestasies beloon.”

Die pom-poms word ook gereeld genooi om by hoërskole in die dorp op te tree. Ander optredes was onder meer in die Staatsteater en by die Nuwe Lewende Generasie Kerk se basaar, waar die reën hulle nie eers kon afskrik nie.

Ruan Robins en Marianne Powels in aksie.
Ruan Robins en Marianne Powels in aksie.

By Raca het hulle uitstekend gevaar en ‘n Diamant-toekenning gekry. Hulle is ook genooi om tydens Raca se gala-oggend op te tree waar hulle as kategoriewenners aangewys is. Vir hul optrede tydens die NEA Eisteddfod het hulle ‘n diploma verwerf, wat nog ‘n uitmuntende prestasie is.

Hulle is tans besig met die D2-kompetisies waar dit ook baie goed gaan. Hulle het sover drie eerste plekke ontvang. Op Saterdag 31 Oktober neem hulle aan die finaal van die D2-kampioenskappe deel.

Rappies wens hulle baie sterkte toe met hul laaste optrede vir die jaar.

Hulle harde werk en deursettingsvermoë gaan hulle nog baie ver bring in die toekoms.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button