Local newsNewsSchools

Ramkriekies hou DreamWorks konsert

'Hierdie jaar se konsert was baie mooier as ooit tevore.'

Laerskool Randfontein (Ram) se Ramkriekie-kleuterskool het onlangs hul jaarlikse konsert aangebied.

Soos verwag, was die affêre asemrowend.

Volgens Annie Nolan, woordvoerder van Ram het Ramkriekies gewys hulle is regte Hollywood-sterre.

Die tema van vanjaar se konsert was DreamWorks en leerlinge het geliefde en bekende kinderflieks uitgebeeld soos Madagascar, Lion King, Croods en die Chipmunks.

Annalie Grobbelaar en Debbie Dutton was die organiseerders van die konsert en hulle is baie trots op die leerlinge. Hulle sê dit was fenominaal om al die Ramkriekies op die verhoog te sien.

Die Ramkriekie-kleuterskool bestaan uit 10 klasse. Twee van die klasse is vir vierjariges, drie is vir vyfjariges en daar is vyf graad R-klasse. Elke klas het hulle eie liedjie gekies en danspassies self uitgewerk.

Die kreatiwiteit by die kleuterskool is bodemloos as mens gesien het wat op die planke gebring is.

“Die saal het ook asemrowend gelyk. Daar was ‘n koets en ‘n sneeuman. Die onderwysers het baie moeite gedoen en die verskillende flieks pragtig uitgebeeld met hul kostuums.

“Hierdie jaar se konsert was baie mooier as ooit tevore. Een van die ouers het na die konsert opgemerk: ‘Ons is baie bevoorreg om in so ‘n onderlike skool met al hierdie uitstekende onderwysers te wees. Ek is ‘n trotse ouer van RAM en Ramkriekies,” sê Nolan.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button