Staan die Rooi Draak ‘n kans teen gekwesde Springbok?

Is ons nou nie in vir ‘n smaaklike rugbykragmeting wanneer die Bokke eerskomende Saterdag die Rooi Drake in die kwarteindstryd van die Wêreldbeker pak nie. Die goeie ding is dat die Rooi Draak, wie as Wallis bekendstaan, ‘n lang lys van beserings het. Hul eerstekeuse spelers sal nie in die rooi-trui uitdraf nie en dis …

Is ons nou nie in vir ‘n smaaklike rugbykragmeting wanneer die Bokke eerskomende Saterdag die Rooi Drake in die kwarteindstryd van die Wêreldbeker pak nie.

Die goeie ding is dat die Rooi Draak, wie as Wallis bekendstaan, ‘n lang lys van beserings het. Hul eerstekeuse spelers sal nie in die rooi-trui uitdraf nie en dis maar moeilik om te glo dat hulle diepte goed genoeg is.

Die slegte nuus is dat die Rooi Draak drie taai kragmetings en goeie opposisie teen onder andere Engeland, Fiji en Australië agter die blad het. Hulle is soos die Engelsman sal sê ‘battle-heardened’ en glo vas dat hulle die Bokke kan klop. Niks kan hul meer onder kry nie. Nie eers die fisiese Bokke nie. Ook, viral na hul sege oor die Bokke verlede jaar in die Millenium Stadion.

Die ding is teen daardie tyd was die Bokke pootuit na Superrugby, begin-van-die-jaar-toetsreeks, Rugby-kampioenskap en eind-jaar-toetsreeks.

Die goeie nuus vir die Bokke is dat ons ‘n volsterkte span tot ons beskikking sal hê. Spelers soos Duane Vermeulen, Schalk Burger, Willem Alberts, Fourie du Preez, Eben Etzebeth, Lood de Jager, Bryan Habana, Willie le Roux is perdvris en op dreef.

Die slegte nuus is dat die Bokke 10 dae gelede in ‘n wedstryd betrokke was. Ons hoop en bid net almal is skerp kom die 17de Oktober.

Die ander dilemma vir die Bokke is, gaan Heyneke vir Matfield kies en die kapteinskap van die wonderlike du Preez wegvat en ook of Lood of Eben dan uitlaat? Sal hy Pietersen terugbring wat sopas van ‘n besering af terugkeer in plaas van die blitsige Mvovo? Watter senterkombinasie gaan hy kies, Damian en Kriel of Serfontein en Damian? Wie sal sy losskakel wees, die ervare en oor die muur Morne Steyn of die jong en onvoorspelbare Handre Pollard? Wie sal sy lostrio wees? Die beste opsie is maar Duane op agsteman, Schalk op sewe en Francois Louw op ses as baljagter. Die ‘bone crusher’ Willem Alberts is dan die ideale impakspeler op die plaasvervangersbank.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button