Opinion

’n Oorwinning vir AfriForum, Westonaria

Dit is nóg ’n voorbeeld van hoe jou plaaslike AfriForum-tak jou regte kan beskerm.

Ná volgehoue druk deur AfriForum het mnr. Simon Mbidi, die adjunk finansiële beampte van die Westonaria Plaaslike Munisipaliteit, sy personeel opdrag gegee om onmiddellik ’n klaringsertifikaat aan mnr. Joe Bastos uit te reik nadat dit onwettig teruggehou is.

Die Westonaria Munisipaliteit het geweier om die klaringsertifikaat aan mnr. Bastos uit te reik, aangesien die vorige huiseienaar nog ’n uitstaande elektrisiteitsrekening het.

Bastos benodig dié sertifikaat om die verkooptransaksie van sy huis af te handel.

Dié oorwinning volg nadat mnr. Mbidi met Mike van Deventer, AfriForum se takvoorsitter in Westonaria, rakende ʼn vorige hofuitspraak vergader het.

Luidens dié hofuitspraak is ’n munisipaliteit beveel om ’n verbruiker se elektrisiteitstoevoer te herstel en ʼn nuwe rekening in die naam van die verbruiker te open, aangesien dié verbruiker die nuwe perseeleienaar was en die uitstaande elektrisiteitsrekening aan die vorige eienaar behoort het.

Regter Eberhard Bertselmann het in sy uitspraak in die saak tussen D.J.P. Jordan en die eMalahleni Munisipaliteit (Noord-Gauteng 23909/2012) dit baie duidelik gestel dat die besluit van die munisipaliteit om Jordan se elektrisiteitstoevoer af te sny onwettig en ongeldig is.

Munisipaliteite het nie die reg om nuwe eiendomseienaars verantwoordelik te hou vir uitstaande rekenings van vorige eienaars nie.

AfriForum het die Westonaria-munisipaliteit daarom op terme geplaas en versoek dat mnr. Batos se klaringsertifikaat onmiddellik uitgereik word.

Dit is nóg ’n voorbeeld van hoe jou plaaslike AfriForum-tak jou regte kan beskerm. Word deel van die wenspan en sluit by die AfriForum Westonaria-tak aan.

SMS “Westonaria” na 45342. Die SMS kos R1.

Related Articles

Back to top button