Local newsNewsBreaking News

Storm saai verwoesting

Inwoner: Skade beloop byna R300 000.

Verwoestende tornado’s en storms kom nie algemeen voor in Suid-Afrika nie; maar die De Beer-gesin van Hillside het dit eerstehands ervaar.

Op Maandag 5 Oktober omstreeks 8.30nm het ‘n inwoner en sy gesin ‘n verwoestende storm ervaar waar dele van die dak tot in die pad gewaai het.

JP de Beer, sy vrou en vyf kinders was rustig binne hulle huis toe hul eweskielik hoor hoe ‘n storm losbars. Hulle het vreesbevange geluister na geluide van harde wind en weer.

In die ietwat 10-minute storm het die wind die dak van die huis so afgeruk dat dele van die dak oorkant die pad teen die reëling geval het. Na die tien minute het die storm bedaar, maar verdere verwoesting is gesaai toe die tweede deel van die storm losbars.

De Beer se pa wat oorkant die straat op ‘n plot bly, se melkstalle se dak het ook afgewaai. De Beer sê die skade beloop in die omgewing van R300 000. Dieselfde lot het hulle ook getref in 2013, maar met ‘n ander gebou op sy plot. De Beer het ook ‘n CCTV-opname geneem van die verwoestende storm.

Die geluid van die dak wat van die huis afgeruk was, was iets verskriklik. Dit was asof ‘n tornado ons getref het.”

Toe die storm bedaar, het De Beer en sy vrou die alarm afgesit voordat dit sou afgaan, en nie lank daarna nie, toe het al die krag afgegaan.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button