Opinion

Dankie Samaritane vir hulp met baba se begrafnis

'Almal het my bygestaan en help reël dat die baba begrawe kon word.'

Ek en my skoondogter, Chantelle de Beer, is die laaste maand deur ‘n baie hartseer tyd.

Sy het op 2 September uitgevind haar ongebore baba se hartjie het opgehou klop. Op 8 September is sy geopereer, waartydens haar dooie babatjie uitgehaal is. Ons het nooit gedink dit gaan gebeur nie en sodoende het ons nie ‘n begrafnisplan vir die baba gehad nie.

Uit desperaatheid het ons na die Herald se kantore toe gegaan vir hulp. Daar het Thandi Motlashuping en Maritza van Zyl vir my baie deure oopgemaak. Peter Dick, DA raadslid van Wyk 9, het my bygestaan en help reël dat die baba begrawe kon word.

Ons bedank die volgende mense vir al hul hulp:

• Peter Dick – hy het my elke dag gekontak en met alles gehelp

• Sina Erasmus, ook van die DA

• Lulu by die munisipaliteit

• Faith Funeral Homes

• Tshidiso Ncamane

• Wonderful Saviyer

• Sampie en Surell Delagey

• Pastoor Darius Pretorius

• Marelize van Lords Drankwinkel

Related Articles

Back to top button