Local newsNewsSchools

Melktandjies vier Erfenisdag

Ek is trots op waar ek vandaan kom – kleuter.

Op 23 September het die kleuters van Melktandjies Kleuterskool Erfenisdag gevier deur verskillende kulture se tradisionele klere aan te trek.

Die kleuters het die oggend opgewonde skool toe gekom en kon nie wag om te spog met hulle tradisionele drag nie.

Die verskillende kulture wat ten toon gestel is, was dié van die Zulu’s, Indiërs, Sotho’s, Afrikaners en Engelse. Die kleuters het te pragtig gelyk en het baie moeite met hulle tradisionele drag gedoen.

Etso Kalemash, ‘n kleuter by die skool, het gesê, ” Ek is trots daarop om my Zulu-drag vandag te kan dra, ek is trots daarop dat ek ‘n Zulu is en my maatjies dink ek lyk baie mooi.”

Al die kleuters het die dag baie geniet, en hulle het op dié praktiese manier meer oor Erfenisdag geleer.

Related Articles

Back to top button