Jag jy vir kos, of om jou ego te streel?

Ek en my vrou was onlangs met vakansie by die Pilanesberg in Noordwes en het weer eerstehands beleef hoe mooi die natuur is. Olifanttroppe en selfs ‘n luiperd het teenaan ons voertuig oor die pad gestap, allerhande soorte bokke en renosters het gestaan en wei terwyl twee mannetjiesleeus, ‘n paar wyfies en hul welpies op …

Ek en my vrou was onlangs met vakansie by die Pilanesberg in Noordwes en het weer eerstehands beleef hoe mooi die natuur is.

Olifanttroppe en selfs ‘n luiperd het teenaan ons voertuig oor die pad gestap, allerhande soorte bokke en renosters het gestaan en wei terwyl twee mannetjiesleeus, ‘n paar wyfies en hul welpies op die groot, oop stuk gras gelê en speel het.

Nou praat ek nie eers van die nuuskierige ape wat jou dophou terwyl jy buite braai nie, die duisende voëls wat jou vroegoggend wakker tjirp, of die gesnork van ‘n bosvark nie.

Dit was maar net ‘n paar van die wonders van die natuur wat ons elke dag gesien het.

Terwyl ons gery en kyk het, het ek gewonder hoe kry mens dit oor jou hart om iets so mooi soos ‘n leeu, olifant, luiperd of ‘n renoster te skiet. Word hulle doodgemaak vir kos, of vir die plesier?’

Ek is beslis nie ’n vegetariër nie en glo dat mens alles op aarde mag eet wat eetbaar is. Diere is daar vir die mens om verantwoordelik te gebruik, nie om hul ego’s te streel deur met trofees te spog nie.

Hoe voel jy daaroor?

Lug jou mening op randfonteinherald@caxton.co.za.

Related Articles

Back to top button