Local newsNews

Riebeeckrand se mooistes

Willem Botha het vir die aand se vermaak gesorg.

Op Vrydagaand is Hoërskool Riebeeckrand se jaarlikse Meneer en Mejuffrou Riebeeckrand in ‘n glansryke funksie gekroon.

Die aand se tema was “Ebony en Ivory ” waar die kleur wit en swart baie in die rokke voorgekom het. Die aandrokke en informele drag was iets uit die boonste rakke en die meisies en seuns het soos Hollywood-sterre gelyk. Die beoordelaars was Jannie van der Westhuizen, Hantie Wentzel, Rialien Furstenberg, Leon Haaasbroek, Deon Kruger en Chrizaan Putenndrigh.

Die bekende sanger en akteur Willem Botha het vir die aand se vermaak gesorg, en hy het almal se aand gemaak met sy dans en sing talent. Hy het ook baie meisies se harte gesteel met sy romantiese liedjies.

Die wenners is as volg gekroon (meisies):

• Mejuffrou Riebeeckrand Senior – Melanie du Plessis

• Eerste Prinses Senior – Kristen Pienaar

• Tweede Prinses Senior – Beloved Sechele

• Mejuffrou Riebeeckrand Junior – Megan Erasmus

• Eerste Prinses Junior – Corrine Human

• Tweede prinses Junior – Danielle Olivier

• Mejuffrou Debutante – Jessica Joubert

• Mejuffrou Persoonlikheid Senior – Shunny Bothma

• Mejuffrou Persoonlikheid Junior – Danielle Olivier

• Mejuffrou Fotogenies Senior – Charnell Oberholzer

• Mejuffrou Fotogenies Junior – Eztia Saunders

Seuns:

• Meneer Riebeeckrand – Cameron Dreyer

• Meneer Persoonlikheid – Cameron Dreyer

• Meneer Fotogenies – Rico Meyer

Die aand was soos ‘n sprokie; al die dogters en seuns het hulle beste gedoen was daarom almal wenners op hulle eie besonderse manier.

Related Articles

Back to top button