Local newsNewsSchools

Laerskool Randfontein opgeknap

'Ons glo daarin om saam met die tye aan te beweeg en nie agter te bly nie' – Ram.

Laerskool Randfontein (Ram) se skoolterrein is onlangs opgeknap.

In totaal was daar vier groot vernuwingsprojekte aangepak wat die badkamers, die skoolsaalvloer, klaskamers en dataprojektors insluit.

Volgens Annie Nolan, woordvoerder van Ram, het hulle die afgelope twee jaar fondse ingesamel om die groot seuns- en dogtersbadkamers op te knap. Tydens die wintervakansie het hulle met ‘n gees van opgewondenheid die ou teëls en toilette afgekap en verwyder.

“Onder die leiding van onderwyser Chanel Rautenbach is die badkamers van hoek tot kant oorgedoen,” sê Nolan.

Nuwe teëls was gelê en kindervriendelike sanitêreware was ook geïnstalleer. Die dogters se badkamer is pienk en pers terwyl die seuns blou en groen is.

Ram se badkamers laat jou nou dink aan moderne sanitêre geriewe by ‘n inkopiesentrum. Daar is nou geen rede vir leerlinge om nie die badkamer te wil besoek nie. Die leerlinge is baie trots op die nuwe geriewe en pas dit soos goud op.”

Nolan vertel ook hoe Ram se skoolsaalvloer oorgedoen is.

Die oorspronklike Metrantie-houtvloer was afgeskuur en planke was vervang en gate regmaak. Die vloer is in tyd regemaak vir Ram se revue – “Toe ons jonk was,” wat in die eerste week van September aangebied word.

Ram het afdakke tussen die saal en die klaskamers geïnstalleer. Hulle het ook vyf nuwe dataprojektors in hulle klasse geïnstalleer.

Ram glo daarin om saam met die tye aan te beweeg en nie agter te bly nie. Mnr. Leon Haupt, skoolhoof van RAM, is daartoe verbind om seker te maak dat Ram ‘n skool is om mee rekening te hou en net so goed, indien nie beter nie, as enige ander Afrikaanse Laerskool is,” volgens Nolan.

Related Articles

Back to top button