Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Jukskei nog lewendig met Rappies

Laerskool Rapportryer se A-spanne se spelers aan die Inheemse Spele deelgeneem.

Laerskool Rapportyer (Rappies) is tot vandag toe een van die min skole in die land wat die ou gewilde boeresport van Jukskei speel.

Vir die wat nie weet nie is Jukskei ‘n sport wat in Suid-Afrika en Kaap in die 18de eeu ontstaan het.

Jukskei is kombinasie van ‘n rustige, stadige en ietwat konserwatiewe geskiedenis wat aanloop gee tot die opwindende, vinnige en tegniekgebonde spel.

Dit verg baie konsentrasie, selfvertroue, deursettingsvermoĂ« en dit is ‘n baie genotvolle sport.

Op Vrydag 14 Augustus het spelers van die skool se A-spanne aan die Inheemse Spele deelgeneem wat deur die Distrik aangebied is.

Rappies se seunsspan wat bestaan uit Reuben McDonald, Schalk Brits, Teodoir van Staden en Tiaan Wilken (kaptein) het puik gevaar en al hul wedstryde gewen.

Die skool se meisiespan uit Rozelle Masser, Angelica Garcia, Zaania Coetzee en Marianca Masser (kaptein) het net so goed gevaar en ook as wenners uit die stryd getree.

Rappies se personeel is baie trots op hul jukskeispelers.

Rappies se jukskeidogters van agter na voor is Marianca Masser, Zaania Coetzee, Rozelle Masser en Angelica Garcia. Foto ingestuur.
Rappies se jukskeidogters van agter na voor is Marianca Masser, Zaania Coetzee, Rozelle Masser en Angelica Garcia. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button