CrimeLocal newsNews

Fietsdief se rem getrap

Sekuriteitsbeampte steek 'n stok in fietsdief se wiel.

Kriminele teiken deesdae tot fietse.

Vir een dief het dit nie so lekker uitgewerk nie en hy is op heterdaad deur ‘n sekuriteitsbeampte betrap.

Volgens Andre Swanepoel, ‘n EPR-reaksie-offisier het hy op 19 Augustus ‘n verdagte in Daviesstraat gewaar wat senuagtig voorgekom het terwyl hy ‘n fiets stoot.

Hy het verduidelik dat hy langs hom stilgehou het om met die man te probeer praat maar skielik het die man die fiets neergegooi en weggehardloop.

Swanepoel het die verdagte agternagesit en hom gearresteer.

Die fiets is glo by Daviesstraat 86 gesteel en die eienaar van die perseel het twee dae later bevestig dat sy fiets weg was.

Die Westonaria Polisie het glo die verdagte aangehou omdat hy van diefstal verdink word.

Die Herald wag nog vir bevestiging deur kaptein Siphiwe Ndlovu, woordvoerder van die Westonaria Polisie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Verdagte sny inwoner se oor met mes

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button