Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Jannas-leerling duik in Bali

'Ek wil nog na baie ander lande reis om te gaan duik' – Leerling.

‘n 15-jarige Hoërskool Jan Viljoen- (Jannas-) leerling het die voorreg ehad om in Bali, Indonesië haar gevorderde duikkursus te voltooi.

Shanay Stead was een van agt duikers van die 7th Heaven Scuba klub wat in Bali gaan duik het. Hierdie 15-jarige leerling was die jongste uit die groep en het al 18 duiksessies voltooi.

Shanay het by die wêreldbekende Liberty-skeepswrak in Tulamben, Bali, gaan duik. Dié skip het in die Tweede Wêreldoorlog gesink. Die wrak lê op sy vlakste agt meter onder die water en 23 meter op sy diepste.

Ek was baie bevoorreg om op 15-jarige ouderdom in Bali te duik. Ek het ‘n groot passie vir duik en wil nog in baie ander lande gaan duik,” het Shanay gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button