Opinion

Dankie aan sekuriteitsmaatskappy

'Jul diens was uitstekend na gewapende roof.'

‘n Spesiale blyk van waardering aan Bozz-sekuriteit.

Op Woensdagaand 19 Augustus om en by 7.45nm is my seun en sy vriend in Homelake deur gewapende mans oorrompel, beroof en aangerand. Huisvriende is met hul aankoms ook oorrompel, beroof van persoonlike besittings en hul voertuig is gekaap.

Dankie vir AJ Janse van Rensburg en Mark Janssen van Bozz. Sonder om te skroom het julle uit jul pad gegaan om te help. Dankie ook aan Hannes wat aan die stuur is van Bozz – jul diens is uitstekend.

Dankie ook aan Robbie van SOS – dis goed om te weet daar is nog mense wat hulself oor hul medemens ontferm.

Van die SAPD se reaksietyd van een uur praat ek nie want dit laat veel te wense oor, maar dankie aan die speurders wat op die toneel was. Ek hoop julle kry die manne van die nag voor ek hulle kry!

Related Articles

Back to top button