Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Ram-hokkie op ‘n goeie plek

Skool se o.13's vaar goed tydens Rierand-hokkietoernooi.

Laerskool Randfontein (Ram) se o.13-hokkiespanne het tweede geëindig tydens ‘n onlangse toernooi wat Hoërskool Riebeeckrand aangebied het.

Daar het 13 spanne meegeding vir die eerste plek. Ram se o.12-span het algeheel sesde geëindig.

Laerskool Randfontein het hulle nie net in spanverband goed van hul taak gekwyt nie, maar ook individueel. Micheala Lubbe is as speelster van die toernooi aangewys terwyl Annamarie Bekker (o.13) en Devonique Breedt (o.12) toekennings ontvang het as die mees belowende speelsters,” vertel Annie Nolan, Ram-woordvoerder.

Die afrigters, Chris Jacobs (o.13) en Lee-Ann Nell (o.12) is baie trots op hul onderskeie spanne. Hokkie by Ram staan onder leiding van Yolandi Botha.

“Die hokkieliga het pas afgeskop en daar heers groot opgewondenheid onder al die spelers. Ons glo en vertrou dat ons vanjaar groot hoogtes gaan bereik,” het Nolan gesê.

Michaela Lubbe en Kay-Lee Maree in aksie teen Maragon Private Schools. Foto: Annie Nolan.
Michaela Lubbe en Kay-Lee Maree in aksie teen Maragon Private Schools. Foto: Annie Nolan.

Related Articles

Back to top button