Local newsNews

Brandweerdiens sloer toe lapa afbrand

'Ons was by 'n ongelukstoneel' – Brandweerman se rede vir die oponthoud.

Die lapa van ‘n inwoner van Helikon Park het glo vir ‘n uur en ‘n half lank gebrand voordat ‘n brandweerwa of enige ander hulp opgedaag het.

Die inwoner van die huis in Tarentaalstraat wat nie sy naam genoem wil hê nie het die gebeure aan die Herald verduidelik.

Die Saterdagaand het ek en my familie in die lapa gebraai. Die volgende dag (Sondag 16 Augustus) was ek op pad terug van my vriend af toe een van my dogters my benoud van die huis af geskakel het.”

Sy het vir haar pa gesê die lapa was besig om af te brand en dat haar sussie, broer en ma nog in die huis was.

“Ek is dadelik terug huis toe en het omstreeks 7.26nm die brandweerstasie geskakel en ‘n huisbrand aangemeld. Die brandweer was bewus van die brand maar ‘n brandweerwa het meer as ‘n uur later eers opgedaag.”

Sy buurvrou Isolda Kriel se huis het intussen ook skade opgedoen. Volgens haar het twee van haar ruite gekraak weens die hitte.

Die eienaar van die afgebrande lapa het bygevoeg dat die oorsaak van die brand nog nie bepaal is nie.

Op die vraag hoekom die Randfontein Brandweerdiens so lank geneem het om by die huis en verbrande lapa op te daag, het een van die brandweermanne glo gesê, “Ons was op ‘n ongelukstoneel.”

Die betrokkenes wil nou weet:

• Wat as die brand na die huis versprei het, waarin die familie dan vasgekeer sou wees?

• Het Randfontein Brandweerdienste net een brandweerwa?

• As die brandweerwa op ‘n ander toneel was, het hulle nie ander noodvoertuie wat intussen die situasie kan ontleed en beveilig nie?

Die Herald sal die vrae aan die Randfontein Brandweerdienste stel, en die uitkoms daarvan sal in ‘n opvolgstorie verskyn.

Isolda Kriel, die buurvrou, by die afgebrande lapa.
Isolda Kriel, die buurvrou, by die afgebrande lapa.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

BREAKING NEWS: Droogeheuwel destroyed by fire

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button