Local newsNewsSchools

Rierand-Morgenrood sorg vir vol magies

'Rierand-leerlinge het werklik omgeeharte.'

Hoërskool Riebeeckrand het op Donderdag 13 Augustus oor die 300 blikkies kos en ander voedsel aan Ben Morgenrood Auto-groep oorhandig.

Die voertuighandelaar se gemeenskapsprojek voorsien voedsel en ander benodighede aan 107 minderbevoorregte inwoners.

Rierand wou graag betrokke raak en het ingespring deur self kos by te dra.

Elzeri Wright, woordvoerder van die skool sĂª, “Rierand-leerlinge het werklik omgeeharte. Hulle hou daarvan om hul medemens te help.”

‘n Groep Graad 10-leerlinge het verduidelik hoekom hulle graag wou help.

‘n Mens se hart voel goed as jy kan help, ons hou daarvan om te weet dat ander mense se magies ook versadig is.”

Jeanne van Wyngaarden Lindhout, die handelaar se bemarker, het verduidelik dat dit die eerste skool is wat hulle help om voedsel in te samel en dat die skool se bydrae hulle baie gaan help.

Jeanne bedank Rierand se leerlinge en personeel namens Maryna LĂ¼tt, Handelaarshoof van Ben Morgenrood Auto.

Besoek die galery vir nog foto’s.

IMG_1035 (Medium)

Related Articles

Back to top button