Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Havies bo in Rierand-hokkietoernooi

Agt laerskole het op die dag vyf wedstryde gespeel en is touwys gemaak.

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs ‘n hokkietoernooi vir agt laerskole aangebied.

Verskeie o.12- en o.13-spanne van die agt laerskole naamlik Laerskool Rapportryer, Laerskool Randfontein, Laerskool Gerrit Maritz, Laerskool Dr. Havinga, Laerskool Florida, Laerskool Protearif, Laerskool Millennium en Maragon Privaatskool het teen mekaar oor die twee dae 30 en 31 Julie kragte gemeet.

Op die dag was die laerskole se hokkiedogters met eet- en drinkgoed sowel as ysies na elke wedstryd bederf. Hul was toe ook met sertifikate, medaljes en verskeie trofeë beloon.

Nie net het die onderskeie laerskole die geleentheid gekry om ten minste vyf wedstryde te speel nie, maar hulle is ook touwys gemaak deur Rierand se eerstehokkiedogters-span.

IMG_0712 (Medium)
Die beste speler van die toernooi, Michayla Lubbe van Laerskool Randfontein. Foto ingestuur.

 

Die kompetisie was so straf dat die eindstryd tussen Laerskool Randfontein se o.13s en Laerskool Dr. Havinga (Havies) se o.12s gelykop geëindig het. Daar kan ongelukkig slegs een wenner wees en Havies is uiteindelik as die kampioen gekroon toe hulle die strafhoukompetisie 2-1 wen.

Een van Laerskool Rapportryer se o.13-dogters, Nicole Erwee, is as die beste voorspeler aangewys; Jessica de Ponte, ‘n o.12-dogter van Laerskool Rapportryer as die beste middelveldspeler terwyl Laerskool Dr. Havinga se Chinique Pretorius en Zanelle McKittrick in die o.12-span as die beste verdediger en beste doelwagter onderskeidelik aangewys is.

Die beste speler van die toernooi is Michayla Lubbe van Laerskool Randfontein. Sy was die gelukkige dogter wat met ‘n splinternuwe hokkiesak en trofee weggestap het.

Hoërskool Riebeeckrand sien daarna uit om volgende jaar weer die laerskole in aksie te sien.

Related Articles

Back to top button