EntertainmentLifestyle

Ons lewe waarlik in ’n gevaarlike wêreld

Hoe om betekenisvolle geloof in jou kinders in te kweek en dit na toekomstige geslagte oor te dra.

Skrywer: James Dobson

Meer oor die boek:

Ons lewe in ’n wêreld wat daarop uit is om ons kinders se kinderlike geloof te vernietig en hulle by polities-korrekte ideologieë, godlose geloofstelsels en blatante onsedelikheid te betrek wat vorige generasies sou geskok het. Dit is wat vandag se Christen-ouers in die gesig staar en baie van hulle vrees dit. Ons lewe waarlik in ’n gevaarlike wêreld.

Maar die goeie nuus is dat daar ’n manier is hoe jy hierdie geveg vir die harte, gedagtes en siele van ons kosbare kinders kan oorwin. Dit maak nie saak in watter stadium jy is as ’n ouer of grootouer nie, jy kan ’n geestelike nalatenskap nalaat wat jou kinders en kleinkinders met ’n rotsvaste nalatenskap van geloof sal toerus.

Jou geestelike nalatenskap vertel jou hoe om dit te doen deur:
Dr. Dobson se persoonlike storie van sy eie geestelike nalatenskap
Strategieë vir die geestelike opleiding van jou kinders
Hulp vir ouers van wegloopkinders
Hoop om ongeredde ouers te bereik
Beginsels vir die bou van ’n liefdevolle verhouding met jou kinders
Getuienisse van ouers wat dit reggekry het
Stories wat jy aan jou kinders kan voorlees oor jou geestelike nalatenskap
Stappe wat jy kan neem om jou kind na Christus toe te lei

Beskikbaar by CUM Booke

Related Articles

Back to top button