Local newsLocal sportNewsSchool sportSport

Rappies stig eie sokkerspan

Span reeds betrokke by ligawedstryde en dit gaan goed.

Laerskool Rapportryer (Rappies) het onlangs hul eie sokkerspan, Rappies Football Club (Rappies Sokkerklub) gestig.

Volgens die skool het van hul algemene assistente met ‘n voorstel gekom om ‘n sokkerspan te stig. Hulle het toe op die naam Rappies Football Club besluit en moes ‘n kwalifiseringswedstryd speel om aan die volgende rondte te kon deelneem.

Rappies het toe die wedstryd gewen en kon dadelik begin met voorbereiding vir die komende seisoen. Rappies het self die uitrusting geborg. Hulle het hempies laat druk en dadelik ingespring en hard begin oefen.

Heelwat ligawedstryde is reeds aan die gang en daar is gerugte dat die span baie goed vaar.

Die groep spelers wat tans vir Rappies Football Club uitdraf is:

William Masilo, Simon Motlhale, Godfrey Matebele, Lucky Pakwe, Elvis Segeri, Phenyo Metsi, Marco Mphoko, Willem Lentswetshipi, Chanza Zamokuhle, Jona Tsuutsu, Johannes Matsiong, Lucas Matebele, Monde Mollo, William Phefo, Ofentse Dintwe en Maestro Diphoko.

Related Articles

Back to top button