Opinion

Ons bly in ‘n vullishoop (Westonaria)

Ons dorp lyk en ruik al soos ene.

Ek bly in Westonaria en het ‘n baie groot probleem met beurtkrag.

Dis nou al hoeveel keer wat ons beurtkrag het maar Bekkersdal en Simunye-dorpgemeenskappe (townships) se ligte is aan, en ek is nie al persoon wat daaroor kla nie.

En die tye wat deurgegee word dat die krag wel afgaan is nooit op tyd nie, hulle weet nie wat hulle doen nie. Hulle kla oor kragbesparing maar kom kyk in Westonaria deur die dag watse strate se ligte is sommer van 2nm af aan.

As dit nie hulle werkers is wat “loaf” deur die dag nie is dit die munisipaliteit self. Die mense by navrae is so ongeskik jy’s te bang om iets te vra vir hulle, hulle is altyd nors en lag nooit nie.

Ons dorp is regtig besig om agteruit te gaan, hulle vat hul tyd met dreine wat geblok is, en dan nie eers ‘n maand nadat dit reg is dan blok dit weer.

Die reuk wat in die lug hier hang is om van naar te word, want die septiese tanks pomp die rioolvuil sommer op Venterspos se agterpad. Nee regtig, ek dink nie dis regverdig dat ons sonder krag sit en vir ander word daar verginnings gemaak omdat hul bang is vir Toi Toi nie.

En wat doen ons raadslede? Net mooi niks.

Die Westonaria Munisipaliteit se webblad het ek gaan soek vir die nuwe beurtkragskedule maar daar is niks, het tot die burgemeester so twee maande terug laat weet en daar word ook niks gedoen nie! Al waneer Westonaria se munisipaliteit regkom is as daar iemand “hoogs” na ons dorp toe kom, dan word daar skoongemaak en gevee.

Gee die werk vir mense wat dit kan doen, geen wonder meer en meer mense wil trek hier nie want ons bly in ‘n vullishoop.

Dus net so goed ek vat my tent en gaan bly by die ashope want ons dorp lyk en ruik al soos ene.

Related Articles

Back to top button