EntertainmentLifestyle

Lewende aanbidding

Word bedien in jou binnekamer, motor of waar ook al jy jouself bevind.

Die Mighty Men konferensies het geen bekendstelling nodig het. Ons hoor gereeld getuienisse van manne wie se lewens ‘n positiewe wending tydens so ‘n naweek saamtrek gehad het. Retief Burger is reeds vir ‘n hele aantal jare betrokke by die Mighty Men Karoo konferensie en sê dat dit vir hom ‘n voorreg is om die aanbidding hier te lei.

Hy het gevoel dat dit tyd was om hierdie spesiale belewenis op CD vas te vang en dit met die land te deel. Onder die bekwame regie van Stefan Swart en top musikante is die rou lof en aanbidding van 20 000 manne opgeneem.

Op die album is onder andere ‘n splinternuwe verwerking van “ Loof Hom met die tromme” en die lied, “No longer slaves” van Bethel Music wat die manne tot in diep, passievolle aanbidding geneem het. Joe Niemand en Dewald Gouws wat saam met Retief bedien het, sing ook op die album.

Die Mighty Men Karoo CD sal elke man wat deel was van ‘n Mighty Men konferensie daardie intieme aanbiddingstye laat herleef en dis Retief se hart dat dit nog baie manne in hulle binnekamers, motors of waar ook al hulle hulleself bevind, sal bedien.

Lys van liedjies:

1. Prys God
2. Halleluja in my hart
3. Loof Hom met die tromme/Die liefde van Jesus is wonderbaar
4. Prys die Heer
5. Give thanks to the Lord
6. No longer slaves (met Joe Niemand)
7. Groot is die Heer
8. Karoo Worship Medley
9. Agnus Dei – spontane aanbidding
10. Daar staan ‘n kruis
11. Deur u krag (met Dewald Gouws)
12. Victor’s crown
13. Amazing grace/My chains are gone (met Joe Niemand)

Related Articles

Back to top button