Local newsNews

‘n Toneelfees wat harte raak

'Die produksie is al deur duisende mense gesien.'

Die ATKV-tak in Randfontein in samewerking met AGS Randfontein het op 17 en 18 Julie ‘n unieke en gratis toneelfees aangebied.

Volgens organiseerders was dit ‘n gemeenskapsprojek gerig op vermaak vir die hele familie.

In die eerste produksie, Top Siekrit is vyf jong manne op soek na ‘n skilpad wat opgelei is in Oosterse gevegkuns. Ek op my eiland het gevolg en handel oor ‘n biljoenêr wat saam met sy familie na ‘n vliegtuigongeluk op ‘n verlate eiland gestrand is.

Na ‘n tragiese gebeurtenis kom dié biljoenêr tot die besef dat hy God as Stuurman in sy lewe moet innooi. Albei produksies is glo al deur meer as ‘n duisend mense gesien. Dit laat die gehoor lag, huil en selfs dieper oor die lewe nadink.

Chrisna Grobler van die ATKV-tak in Randfontein sê baie dankie aan almal wat so hard gewerk het om van die twee produksies so ‘n groot sukses te maak.

“Baie dankie vir die span van 35 lede wat so hard saamgewerk het om hierdie projek ‘n wenner te maak.”

TOP SIEKRIT - Ramon Kritzinger, Justin Dreyer, Deon Grobler (Medium)
Ramon Kritzinger, Justin Dreyer en Deon Grobler in Top Siekrit.

Related Articles

Back to top button