Local newsNewsSchools

Devonique se span is tops

'Sy sal graag eendag 'n Protea wil word.'

Devonique Breedt, ‘n o.12-netbalspeler van Laerskool Randfontein (Ram) het die afgelope skoolvakansie aan die All Ages nasionale toernooi deelgeneem en as ‘n wenner weggestap.

Devonique het die Gauteng o.12 Delta-span gedurende die toernooi by Hoërskool EG Jansen in Boksburg verteenwoordig.

Die provinsies wat in aksie was sluit in die Oos-Kaap, Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Noordwes en Vrystaat sowel as Namibië.

Die Delta-span het onder andere met spanne van Noordwes, Vrystaat, Oos-Kaap, Mpumalanga en Namibië kragte gemeet en was uiteindelik die nommereen-span.

Die Delta-span het met goeie teenstanders soos die Wes-Kaap in die uitkloprondte 20-17 afgereken.

In die halfeindstryd was dit Gauteng teen Gauteng – Gauteng Delta teen Gauteng Gamma – vir ‘n plek in die eindstryd. Delta het hulle weereens goed van hul taak gekwyt en hul teenstanders met 16-9 geklop.

In die eindstryd was dit weer ‘n geval van provinsie teen provinsie toe Delta en Gauteng Lambda mekaar gepak het maar daar was net een met Devonique en haar Delta-span wat as die algehele wenners aangewys is en daarmee met die goud weggestap het.

Volgens haar familie is Devonique baie trots om deel te wees van ‘n wenspan. Sy wil baie dankie sĂȘ vir haar skoolafrigters vir die goeie afrigting en leiding sowel as ondersteuning en liefde wat sy ontvang. Sy bedank ook graag haar skoolhoof, Leon Haupt vir die bystand wat hy gegee het.

Devonique sal graag eendag die Proteas-netbalspan wil verteenwoordig.

Related Articles

Back to top button