Dis Jannas teen Alberton in eindstryd
Hoƫrskool Jan Viljoen se o.16-rugbyspan in Goue Leeus-eindstryd.
Alle oĆ« in die dorp is nou op HoĆ«rskool Jan Viljoen (Jannas) se o.16-rugbyspan gevestig om ‘n titel te wen.
Die span het tot die Goue Leeus-eindstryd deurgedring nadat hulle HoĆ«rskool Dinamika in die halfeindstryd 27-7 verslaan het. Die Goue Leeus-eindstryd sal in die derde kwartaal plaasvind waartydens Jannas se o.16’s met HoĆ«rskool Alberton sal koppe stamp.
Tamaryn Smith, woordvoerder van Jannas het gesĆŖ, āJannas het tot dusver ān besonderse goeie rugbyseisoen beleef. Op 20 Junie het die Goue Leeus-halfeindstryde plaasgevind waartydens drie Jannas-spanne (o.14, o15 en o.16) in aksie was.ā
Jannas se o.14’s het ongelukkig nie die paal gehaal nie en het teen HoĆ«rskool Dinamika 15-elk gelykop geĆ«indig.
āOmdat Dinamika eerste punte aangeteken het, is hulle as die wenners aangewys,ā het Tamaryn gesĆŖ.
Die o.15’s het 15-12 teen HoĆ«rskool Randburg vasgeval.
Smith het ten slotte gesĆŖ, āGeluk Jannas se o.16’s, julle hou Randfontein en die skool se naam hoog op die rugbyveld.ā