Local newsNewsSchools

Rierand se Beloved ‘n uitblinker by redenaars

Talentvolle Graad 10-leerling neem haar standpunt in.

Beloved Sechele, ‘n Graad 10-leerling van Hoërskool Riebeeckrand het weer opskrifte behaal na ‘n spoggerige vertoning tydens die ATKV-redenaarskompetisie vir addisionele taal.

Volgens die skool het Beloved in die voorbereide en onvoorbereide afdelings deelgeneem en uitstekend in albei rondtes gevaar.

Die talentvolle leerling se hard gewerk het vrugte afgewerp en is sy dus een van vyf Gauteng-leerlinge wat tot die finale rondte van die ATKV-redenaarskompetisie vir addisionele taal deurgedring het.

Die finale rondte sal gedurende Augustus in Worcester plaasvind.

Related Articles

Back to top button