Local newsNews

Vriendskaptuiste beveg bejaardemishandeling

Bejaardes het regte - Gemeenskap moet dit besef.

Marijke van Zyl, ‘n maatskaplike werker van Vriendskaptuiste het inwoners van dié ouetehuis asook Randpoort-tuiste Maandag op Wêreldbewustheid dag oor bejaardemishandeling toegespreek.

In ‘n gesellige funksie by die Vriendskaptuiste was die doel om jonger mense te wys hoe om mishandeling in bejaardes te herken en daarmee hulp vir die ouer mense te kry.

Die bestaande stigma is huideglik dat mishandeling net in ouetehuise plaasvind. Volgens van Zyl is die stigma misleidend en vind mishandeling op ‘n baie wyer spektrum plaas.

“Die belangrikste punt om mee te begin is om bejaardemishandeling te definieer,” het van Zyl gesê.

Volgens haar kom mishandeling van bejaardes in baie vorme voor, maar een gemeenskaplike eienskap is dat dit die welstand van die persoon negatief beïnvloed. Welstand van ‘n persoon bestaan uit ‘n spirituele; sosiale; biologiese; geografiese en psigologiese dimensies.

As een van die dimensies negatief beïnvloed word, veroorsaak dit dat ‘n persoon nie tot sy volle potensiaal leef nie.

Van Zyl sê verder, “Bejaardes moet ophou om as ‘n las gesien te word en eerder die waardevolle, unieke wyse wat hulle nog ‘n aandeel in die samelewing kan bied, waardeer. Hulle besit egter net soveel lewenservaring en daarom is dit belangrik dat elke persoon bemagtig moet word met die kennis sodat die welstand van bejaardes beskerm kan word”.

Belangrike feite oor bejaardemishandeling:

• Meerderheid vrouens is slagoffers

• Die ouderdom is gemiddeld 70 jaar oud

• Fisiese toestand (Kwesbaarheid) speel ‘n rol

• Mishandeling vind meestal plaas deur iemand na aan die bejaarde, wat hulle vertrou

Voor is Rita Jacobs en Marijke van Zyl (Maatskaplike werker by Vriendskaptuiste) met Michaela Lubbe en Wjanik Beneke van Laerskool Randfontein agter.
Voor is Rita Jacobs en Marijke van Zyl (Maatskaplike werker by Vriendskaptuiste) met Michaela Lubbe en Wjanik Beneke van Laerskool Randfontein agter.

Die verskillende mishandeling tipes is ook bespreek en mense kan uitkyk vir die volgende tekens wat verdere mishandeling kan voorkom:

• Fisiese mishandeling: Dit word gekenmerk deur sigbare fisiese beserings. Die kern onderskeiding kom na vore as daar nie redelike verduideliking vir die besering is nie.

• Emosionele mishandeling: Die pyn wat onsigbaar is vir die menslike oog – as hulle op geskree, geignoreer en sleg gesê word. Tekens om uit te kyk na is angstigheid en ontrekking van die samelewing, asook depressie.

• Finansiële mishandeling: Bejaardes se eindom, bates en selfs hul pensioen word sonder hulle toestemming misbruik.

• Sosiale isolasie: Bejaardes wat nie die nodige hulpmiddels het om na hulle self om te sien nie, en net so gelaat word.

• Passiewe verwaarlosing: Indirekte wyse waar die bejaarde kos of water geweier word en daardeur hulle welstand negatief beïnvloed word byvoorbeeld ondervoeding en ontwatering.

• Self verwaarlosing: As bejaardes hulle inkomste gebruik vir dwelms en drank eerder as voedsel en ander belangrike benodighede.

• Seksuele mishandeling: Seksuele gedrag word teen ‘n bejaarde getoon sonder hulle toestemming.

Van Zyl sê ook dat daar meer gefokus moet word op die regte van bejaardes.

“Die samelewing moet besef dat hulle ook die reg het om keuses te maak, met respek en menslikheid hanteer moet word en om ook ten alle tye ingelig te wees.”

Van Zyl het dit duidelik gemaak, “Vriendskaptuiste is verantwoordelik om as kampvegters vir hulle inwoners op te tree en dat daar streng stappe geneem sal word as daar enige bewerings van mishandeling plaasvind.”

Die begin punt van hulle teenkampingsprojek sal begin deur wederkeurige respek en aktiewe betrokkenheid, waar hulle ook die hulp van die gemeenskap af

nodig het. Die funksie was ‘n reuse sukses en Tia Liebenberg het aan die Herald verduidelik, “Die funksie was baie verrykend en hulle het baie idees gekry om ook uit te kyk vir hulle vriende wat dalk enigsins met mishandeling geteister word”.

By die funksie het van Zyl die Dienskommittee vir die voorbereidings van die saal bedank, Suster van Deventer vir die hulp met die reëlings asook leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen en Laerskool Randfontein vir hulle fliksheid.

Bedankings het ook gegaan na Elbie Botha, voorsitter van Vriendskaptuiste vir haar goedkeuring van die funksie en Dalena Botha, wie op die kommittee van Vriendskaptuiste dien vir haar bydraes en prente.

Die inwoners en gaste het na die tyd heerlik aan pannekoek gesmul en lekker saam gekuier.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button