Local newsLocal sportNewsSport

Team Jesus Racing SA meer as net ‘n sport

Dis 'n kerk op wiele, maar net vir nou ...

Renjaer Louis Janse van Rensburg het ‘n droom gehad om vir Jesus te werk. Dit het onlangs waar geword met die hulp van die eienaars van die Randfontein Oval Track.

Louis is van ‘n jong ouderdom af reeds ‘n lid van die Oval Track en was op soek na ‘n logo om op ‘n renmotor te sit om sy missie uit te beeld. Hy het dit gevind.

Met die hulp van Deon en Marie Coetzee (eienaars van die Oval Track) wat dieselfde oor hul geloof voel, is die logo ‘Team Jesus Racing SA’ op ‘n renmotor geverf. Dit was vir Louis duidelik dat dit hul roeping is.

By die baan se klubhuis het hulle met ‘n selgroep begin en het Dinsdae-aande voor die resies en elke Woensdag na die resies bymekaargekom.

Dinsdae bied hulle ook kursusse aan en Woensdae ‘n biduur om 7nm. Dit hou nie met enige spesifieke kerk verband nie, maar hulle sien hoe mense se lewens deur die werking van die Heilige Gees verander word.

Deon Coetzee het ‘n paar jaar gelede ‘n kerk begin bou, maar daar is nog nie ‘n dak op nie. Hulle glo hulle sal dit in God se tyd voltooi.

Hul visie is: Jesus (Vader, Seun en Heilige Gees)

Hulle missie: Om Sy kinders wat seer en gebroke van hart is, te bedien en te help, en om Sy naam te verkondig waar hulle ook al gaan.

Almal is welkom om hulle Facebook blad te besoek – Team Jesus Racing S.A

Kontak Louis Janse van Rensburg by 082 570 9961 of Marie Coetzee by 081 512 1121.

Related Articles

Back to top button