Local newsNewsSchools

Skoolkind glo deur onnie verneder

'Is jy honger dat jy jou skoolboek se blaaie vreet?'

Maggie Horn, ‘n ouer van ‘n leerling in ‘n vername laerskool in Westonaria het met die Herald gepraat oor ‘n onsmaaklike insident waarby haar kind onlangs gedurende skooltyd betrokke was.

Horn se seun het die middag na skool ontsteld en in trane vir haar van die gebeure vertel.

Volgens hom het hy sy Engels-boek vir sy juffrou ingegee, waarop sy vir hom gevra het hoekom hy in verskillende kleure pen skryf. Hy het gesê hy wil die boek laat mooi lyk.

Die juffrou se kommentaar was, “Dit lyk soos iets wat ‘n mens in ‘n toilet doen” en daarmee sy boek van die eerste verdieping afgegooi. Daarna is hy uitgejaag na ‘n ander juffrou se klaskamer toe waar die juffrou na bewering die kind verneder het deur sy boek vir die leerlinge te wys en hulle glo aangemoedig het om hom uit te lag.

Die betrokke onderwyser het hom daarna uitgevra oor ‘n klein gaatjie in sy papier, waarop hy verduidelik het hy het iets probeer uitvee. Daarna het sy glo vir hom gevra of hy honger is dat hy sy boeke “vreet”. Sy het glo ook gesê daar word nie in die skool “getoi-toi” nie. Sy het daarna na bewering gesê: “As jy dit weer doen, gee ek jou die pak slae van jou lewe.”

Daarna het die klok gelui. Haar kind was so ontsteld dat ‘n ander leerling hom oor hom ontferm en sy tas vir hom gebring. Dieselfde dag is Horn polisiestasie toe, waar hulle vir haar verduidelik het sy moet die volgende dag terugkom. Sy was ook by die Kinderbeskermingvereniging waar hulle haar na die polisielid verwys het wat haar kon help.

Horn het ‘n saak van emosionele teistering by die polisiestasie geopen en die betrokke polisielid is tans besig met die ondersoek. Horn het ‘n vergadering met die skool aangevra, waartydens die onderhoof die twee onderwysers ingeroep het. Die skoolhoof was nie op daardie stadium beskikbaar nie. Een van die twee onderwysers het om verskoning gevra, maar die ander onderwyser het glo nie.

Horn het moedeloos verduidelik dat niemand na haar toe terugkom oor die saak nie. Die betrokke polisieman het wel later vir haar laat weet hy werk aan die saak.

Die skoolhoof het aan die Herald verduidelik dat hy nie gemagtig is om kommentaar te lewer nie, maar het wel gesê, “Die storie het ‘n ander kant.”

Die Herald wag nog op kommentaar van Westonaria Polisie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button