Local newsNewsSchools

Mnr en Mej Jannas 2015 gekroon

Hoƫrskool Jan Viljoen se mooistes word gekies ...

Die wenners van die Mnr en Mej Jan Viljoen 2015 kompetisie is tydens ‘n glansgeleentheid met Moulin Rouge as die tema op Vrydag 22 Mei aangekondig.

Mej Jan Viljoen Senior is Shinez Claassen. Sy het almal bekoor en was voorwaar die ster van die aand. Mnr Jan Viljoen is Justin du Toit en hy het al die meisies se voete behoorlik onder hulle uitgeslaan. Mej Jan Viljoen Junior is Paula-Jade Lisher wat met haar lang hare en stralende persoonlikheid bo almal uitgestaan het.

Beoordelaars vir die aand was niemand anders nie as Mnr Suid Afrika Armand du Plessis, Ettienne van Niekerk en Adele Steenekamp.

In die kategorie Mej Fotogenies het Shinez Claassen met die louere weggestap. Corrie Appelcryn het koning gekraai in die kategorie vir Mnr Fotogenies. Mej “Ougat” is Amber Parker en die titels vir Mnr en Mej Persoonlikheid is onderskeidelik deur Justin du Toit en Christelle Kruger opgeraap. Mej en Mnr Debutante is Nirica Grous en Marnus Louw.

Gaskunstenaar Ampie het ook die gehoor vermaak en aan die sing en dans gekry. Vir talle was die aand ‘n reuse sukses.

Hoƫrskool Jan Viljoen het beslis leerlinge wat nog groot hoogtes gaan bereik en Randfontein se naam nog verder uitdra.

Ashley Cowan, Mej Jan Viljoen 2014, en Mnr Suid Afrika Armand du Plessis saam met die nuwe gekroonde Mej Jan Viljoen 2015 Junior Paula-Jade Lisher.
Ashley Cowan, Mej Jan Viljoen 2014, en Mnr Suid Afrika Armand du Plessis saam met die nuwe gekroonde Mej Jan Viljoen 2015 Junior Paula-Jade Lisher.

Prins en prinsesse sluit in:

Dogters

Seniors:

ā€¢ Eerste prinses: Veronique Rossouw

ā€¢ Tweede prinses: LiandrĆ© Visser

Juniors:

ā€¢ Eerste prinses: Mariska Kruger

ā€¢ Tweede prinses: Kamagelo Gopane

Seuns

ā€¢ Eerste prins: Marnus Louw

ā€¢ Tweede prins: Austin van der Merwe

Vir nog foto’s:

Gallery 1

Gallery 2

Related Articles

Back to top button