Statebond Spele in 2022 by kerslig?

Dit bly ‘n ope vraag of Eskom die kragkrisis teen daardie tyd opgelos gaan hê, maar sou dit ‘n realiteit word, stel ek my voor die atletiekskouspel gaan as volg verloop ...

Terwyl daar ‘n poging van formaat aangewend word om Durban as gasheer vir die Statebond Spele in 2022 aangewys te kry, het dit aan die lig gekom hoeveel dit sal kos om die Spele aan te bied.

Volgens die KwaZulu-Natal-regering beloop dit oor die R1 biljoen. Hulle het glo gesê die geld sal gebruik word vir die opgradering van fasiliteite, uitrusting, die Statebond-dorp, werkers, bemarking en projekbestuur. Waar die geld vandaan gaan kom bly ook ‘n raaisel.

Boonop, met die land se daaglikse uitdagings soos kragprobleme en -onderbrekings sien ek dit nie gebeur nie.

Dit bly ‘n ope vraag of Eskom die kragkrisis teen daardie tyd opgelos gaan hê, maar sou dit ‘n realiteit word, stel ek my voor die atletiekskouspel gaan as volg verloop:

• Kerse in bruinpapiersakke sal tussen die bane geplaas moet word sodat die atlete kan sien waar hulle moet hardloop, amper soos ‘n vliegveld verlig word sodat vlieëniers kan sien waar die aanloopbaan is om te kan land.

• Veldatlete gaan met koplampe moet deelneem.

• Tydens die openingseremonie sal die president ook ‘n koplamp moet dra terwyl die dansers versigtig met kerse rondhardloop.

• Almal moet maar naby die stadion parkeer en hul motors se hoofligte aanskakel om te probeer sien wat op die baan en veld aangaan.

• Media van regoor die wêreld sal met hul kragopwekkers langs die veld moet staan sodat hulle videokameras die aksie kan vaslê.

Verlede jaar het Pravin Gordhan, minister van Samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede gesê munisipaliteite regoor die land skuld Eskom R10 biljoen.

Die eThekwini (Durban) Metropolitaanse Munisipaliteit skuld glo R1,27 biljoen.

Sê jou sê.

Related Articles

Back to top button