Local newsNews

Wil jy jou bakkies op Getroud Met Rugby sien?

Skuur skouers met bekende kleinskerm-sterre as 'n 'kuiergas'.

Binnekort gaan die strate van Krugersdorp weer volop met kameramanne, rekwisiete en kleinskerm-sterre wees met die skiet van die gewilde televisiereeks Getroud Met Rugby.

Die span van die televisiereeks, wat 14 Julie weer op kykNET sal verskyn, is tans besig om die vyfde reeks hier in Krugersdorp te verfilm.

In die eerste week in Junie skiet hulle weer tonele by die ikoniese Die Herberg Hotel, wat nou al reeds ‘n baken in Commissionerstraat is.

Die sexy pom-pom meisies kuier graag in Pottie se Plek en dans sommer op die tafels.
Die sexy pom-pom meisies kuier graag in Pottie se Plek en dans sommer op die tafels.

Die hotel word weerspieël as Pottie se Plek, die rugbyspelers in die reeks se uithangplek.

Al die gewilde karakters van die reeks soos Fafa, Brendan, Kiki, Marijke en ‘n hele paar nuwe gesigte sal in Pottie se Plek kuier tussen 3 en 6 Junie.

Die produksiespan wil graag vir Krugersdorpers die geleentheid gee om deel te wees van die “kuiergaste” en op dié manier eerstehands te sien hoe die drama afspeel, voor én agter die skerms. Kuiergaste sal ook hierdeur die kans kry om op televisie te verskyn.

Die nuwe losskakel Steyn (Gespeel deur Neels van Jaarsveld) en sy vrou Marli (Gespeel deur Carine Rouse) woon ‘n funksie by in Pottie se Plek.
Die nuwe losskakel Steyn (Gespeel deur Neels van Jaarsveld) en sy vrou Marli (Gespeel deur Carine Rouse) woon ‘n funksie by in Pottie se Plek.

“Ons hoor graag van julle,” sê Enel Viljoen, die reeks se lynvervaardiger.

Enige iemand wat belangstel om die stel te besoek kan vir Gena ‘n epos stuur by genaduplessis8908@gmail.com.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button